2010-10-11 Warm nuus uit Kleinmond (Afrikaans)

Printer-friendly version

There is Hope Ministries     (October 11th , 2010)

For the English speaking people:
Please accept my apology as this one is in Afrikaans.
Expect an English Newsflash from our office in a week or three.
Regards, Pieter,

Beste Vriend,

Van ons bedienings vriende vra onlangs: “Maar wat presies doen jy en Magdaleen alles daar in Kleinmond?”

 

Hier volg ’n kort opsomming met warm nuus uit die Wes-Kaap:

A) Internet – Magdaleen

  • Met ons twee evangelisasie Webblaaie bereik ons honderde mense regoor die wêreld.
  • In Februarie 2010 byvoorbeeld het 399 besoekers ons een spesifieke webblad besoek en hulle het o.a. 2333 verskillende blaaie oopgemaak.  (Dit beteken dat elke besoeker so ses van ons links oopgemaak het, vir amper 3 minute per bladsy.)
  • Op hierdie stadium weet ons van 14,000 besoekers, met 62,000 bladsye @ 2.6minute per besoek oor die laaste 3 jaar op slegs een van ons Webblaaie: www.hope365.co.za Dit werk uit op gemiddeld meer as 25 bladbesoeke per dag vir die hele tyd.
  • My werk as E-Mentor is om alle navrae (van regoor die wêreld) d.m.v. epos te bedien.
  • As internet bediening val ons ook outomaties onder die Internasionale Internet Bediening by Campus Crusade for Christ, (Virtually-Led Movement).

 

B) Volle Menswees op die Plaas – Pieter

  • Ek is verantwoordelik vir die instandhouding & opdatering van ons Webblaaie.
  • Julian is besig om te werk aan ’n ‘facelift’ vir ons webblad en dit behoort voor die einde van die jaar voltooi te wees.
  • Verder doen ek weekliks Leierskap en Volle Menswees programme op vrugteplase in die omgewing. (Dit is geweldig bevredigend en ek geniet dit om voortdurend vars in die mense se lewens in te bou.
  • Op ’n gereelde basis vertoon ons ook in die groter plaasgemeenskap films wat Goddelike Waardes uitbeeld.   Al die plase in die omgewing word uitgenooi om hul werkers te bring.
    • Die betrokke produsent verskaf sop & brood en talle omliggende plase ry hul werkers aan om deel te hê aan die aand se program.
    • Behalwe die film is daar ook ’n drama en kort getuienis om die onderwerp te versterk en dieper uit te beeld

 

C) Bid asseblief

Woensdagaand, 13 Oktober word die kragtige film ‘CROSSROADS’ vertoon.
Die onderwerp is VERGIFNIS.
Bid dat produseerders & werkers weereens in groot groepe sal opdaag en dat LEWENSVERANDERING sal plaasvind.  (Baie mense loop met bitterheid & seer wat oor jare opgebou het).

VERGIFNIS BRING VRYHEID!

 

Tot almal gehoor het,

Pieter & Magdaleen Brits
There is Hope Ministries, cc

Webblad:  www.hope365.co.za / www.KnowingGod.co.za

Cell:  082 469 6724   /   Fax:  086 535 2227

Hope365 Alive is op Twitter - http://twitter.com/hope365alive

Join ons Facebook Groep - http://www.facebook.com/?sk=ff#!/group.php?gid=114570781890822