HOE OM SEKER TE WEES JY IS ‘n CHRISTEN

Printer-friendly version

(Oordraagbare Begrip  #1 - AFRIKAANS)

HOE OM SEKER TE WEES DAT JY 'N CHRISTEN IS  -  Bill Bright

Dit is die reg van elke wedergebore kind van die Here om te WEET dat hy 'n Christen is, dat sy sonde vergewe is, dat hy die ewige lewe beêrwe het, en dat hy eendag hemel toe sal gaan ...

Verwerkte weergawe van artikel soos geskryf deur Dr. Bill Bright, stigter van Campus Crusade for Christ. 

---------------------------------------------------------------------------------------

 (Oordraagbare Begrip  #1 - AFRIKAANS)

HOE OM SEKER TE WEES DAT JY 'N CHRISTEN IS  -  Bill Bright

Dit is die reg van elke wedergebore kind van die Here om te WEET dat hy 'n Christen is, dat sy sonde vergewe is, dat hy die ewige lewe beêrwe het, en dat hy eendag hemel toe sal gaan ...

Verwerkte weergawe van artikel soos geskryf deur Dr. Bill Bright, stigter van Campus Crusade for Christ. 

---------------------------------------------------------------------------------------

Die jongman langs my het God gedank omdat Hy in sy lewe ingekom het, en toe sy gebed afgesluit.  Nadat ons opgestaan het, het dit gelyk of iets hom nog steeds hinder.

“Dis nie belangrik nie,” het hy gesê toe ek hom daaromtrent vra.

“Dis nes asof ek, wel, gedink het ek sou anders gevoel het, maar dis nie so nie.  Miskien het God nie my gebed gehoor nie...”

Hierna vra hy die vraag wat mens so dikwels hoor:  “Hoe kan ek seker wees ek is ‘n Christen?”
 

  • Maak die opskrifte een vir een oop, of almal tegelyk.
  • Die 'printer friendly' opsie laat u toe om geselekteerde inhoud te druk, soos verkies.
  • Sodra die onderwerp bestudeer is, kan u die aanlyn QUIZ voltooi (Engels), om nie net u kennis te toets nie, maar ook ander handige inligting rakendie die onderwerp te verkry.
‘n Vraag deur baie gevra…

‘n Vraag deur baie gevra…

Dit is die vraag wat gewoonlik in die harte van baie mense dwarsdeur die wêreld, uit elke lewensterrein, opkom.  Dit is ‘n vraag wat selfs vir predikante en lekepredikers moeilikheid verskaf.   Die vraag vereis ‘n antwoord:

‘n Predikant, ‘n getroue kerkleier vir baie jare, het toegegee dat hy nie seker van sy eie saligheid was nie, alhoewel hy ontelbare mense na Jesus gelei het.   Die vrou van ‘n toegewyde evangelis het in my kantoor gesit en huil. “My man en ek het duisende mense aan Christus voorgestel gedurende die dertig jaar van ons bediening.” Senuagtig het sy die sneesdoekie in haar hand rondgewring. “Ek het dit nog nooit tevore aan iemand erken nie, maar ek is desperaat! Ek moet weet dat ek gered is.”

Dit kom by my op dat jy, soos so baie innige mense, dalk ook deur vrae omtrent God gepla kan wees.  Jy wonder dalk ook: “Kan ek God werklik ken?”  Miskien het jy grootgeword met ‘n blootstelling aan die leringe van Jesus, en was dalk bekend met sy aansprake en sy liefde sedert jou kinderdae.  Jy mag dalk ook in God en sy Seun vir jare geglo het, maar nogtans stoei jy.

Is jy seker dat jy die Ewigheid saam met Hom sal deurbring as jy vandag te sterwe sou kom?

Of miskien het jy net onlangs vir Christus as jou verlosser aanvaar en is steeds nog nie seker of iets gebeur het nie.   Jou lewe blyk net dieselfde as voorheen te wees, en jy het ernstige bedenkinge omtrent die wesenlikheid van jou besluit om Christus te vertrou.  Jy vind jouself in ‘n posisie waar jy die werklikheid van redding bevraagteken.

Dit is ook moontlik dat jy een van ‘n groot menigte mense is wat nog steeds daarna soek om God ‘n deel van jou leefwyse te maak.  Jy mag daarna verlang om seker te wees dat jy die ewigheid saam met Hom sal deurbring.  Jy mag die vertroue wat sekerheid van saligheid mag bring, nodig hê.

Almal het sekerheid van saligheid nodig

Almal het sekerheid van saligheid nodig

Suksesvolle mense in besigheid, Christenwerkers, studente, ‘steunpilare’ van die kerk.... ons almal het sekerheid van saligheid nodig.

Hoekom bestaan hierdie vreesagtige onsekerheid onder so baie wat eerlik daarna strewe om God te ken, selfs onder diegene wat Hom al jare lank dien?

Die fout lê grootliks daarin dat ons geloof swak gevestig is, of dat ons gebrekkige kennis oor God het.  Die verwarring in opregte harte draai dikwels om die ware betekenis van Jesus se kruisiging en opstanding, en wat benodig word om Hom as Redder en Verlosser te aanvaar.

Beste belegging in tyd

Beste belegging in tyd

Indien enige van hierdie twyfel soos jou eie klink, sal die oomblikke wat jy daaraan gaan wy om die res van die artikel te lees, dalk die beste belegging in tyd wees wat jy ooit kan maak.  Stap vir eens en vir altyd saam met my deur die stappe tot sekerheid.

Eerstens, verstaan dat om ‘n Christen te word, beteken dat ons God se geskenk van liefde en vergifnis deur sy Seun Jesus Christus aanvaar.  Dit is die grootste geskenk wat die mens ooit aangebied is, en dit is vir enigeen wat dit aanvaar, gratis.  Dit het die krag om lewens te verander.  Dit bevat die belofte van die ewigheid saam met God.   Dit is ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus, die Seun van God self.

Hierdie verbintenis is nie veel anders as die besluit om te trou nie. Alhoewel die liefde van ‘n jong paartjie onteenseglik gevul is met groot emosie, is die besluit om te trou ‘n drievoudige proses wat die intellek, die emosies en die wil betrek.

Liefde tussen twee mense kom dikwels gou en maklik.  Maar die oomblik wanneer hulle aan trou begin dink raak die intellek betrokke.  Hulle moet probeer besluit of die een wat hulle liefhet ‘n “goeie lewensmaat” sou wees.  Daar is baie nie-emosionele besluite wat hulle moet neem en die finale besluit – om al die ander te los en aan die een te kleef - word as ‘n wilsbesluit geneem.   Hulle getuig van daardie besluit wanneer hulle sê: “JA” en dan man en vrou word.

Om Christen te word is ‘n besluit, ‘n keuse wat die intellek, emosies en die wil betrek.  Alhoewel geldig, is dit nie genoeg om intellektueel in Christus te glo nie, ook is dit nie genoeg om ‘n emosionele ervaring, hoe lewensveranderlik dit mag blyk te wees, te hê nie.  Om ‘n Christen te word is ‘n daad van die wil, ‘n baie duidelike besluit om Christus in ons lewens as Redder en Here te ontvang.

Intellektuele Begrip

Intellektuele Begrip

Om seker te wees van jou besluit om ‘n Christen te word, vereis ‘n duidelike begrip van wat betrokke is by die neem van so ‘n besluit.  Dit vereis ‘n intellektuele begrip van God se beloftes en wie Hy is.  Dit is nie ‘n blinde sprong van geloof , soos iemand dit al gestel het, nie.   Inteendeel, Christenskap is op geskiedkundige feite gebou wat op navorsing oor eeue heen deur wêreldbekende geleerdes gedokumenteer is.  Die gevolge hiervan is dat ons meer bewyse vir die gebeure rondom Jesus van Nasaret het as wat daar is om die nederlaag van Napoleon by Waterloo te bewys.

Historikus en skrywer, Kenneth Scott Latourette, direkteur van die Departement van Godsdiens by die Universiteit van Yale, het in verband met Jesus gesê:

“Measured by its fruits in the human race, that sort of life has been the most influential ever lived on this planet. As we have been at pains to point out, the impress of that life, far from fading with the passing centuries, has deepened. Through Him millions of people have been transformed and have begun to live the kind of life which He exemplified. Gauged by the consequences which have followed, the birth, life, death and resurrection of Jesus have been the most important events in the history of man. Measured by his influence, Jesus is central in the human story.”

Die Britse geleerde, WH Griffith Thomas, het gesê:

“The testimony to the present work of Jesus Christ is no less real today than it has been in the past. In the case of all the great names of the world‘s history, the inevitable and invariable experience is that the particular man is first a power, then only a name, and last of all a mere memory.  Of Jesus Christ the exact opposite is true.  He died on a cross of shame.  His name gradually became more and more powerful, and He is the greatest influence in the world today.”

George Romanes, Britse fisikus, sê:

“It is on all sides worth considering (blatant ignorance or base vulgarity alone excepted) that the revolution effected by Christianity on human life is immeasurable and unparalleled by any other movement in history.”

Honderde jare voor Jesus se geboorte, het die Skrif al die woorde van die groot profete van Israel wat Sy koms voorspel het, aangeteken.  Die Ou Testament, geskryf deur baie individue oor ‘n periode van amper 1500 jaar, bevat meer as 300 verwysings na Sy koms.  Die Nuwe Testament bevat die woorde van Jesus self, waar Hy daarop aanspraak maak om God te wees.   “Ek en die Vader is een,” het Hy gesê. “Hy wie My gesien het, het ook die Vader gesien” (Joh. 10: 30 en Joh. 14: 9).

Om ‘n Christen te word, moet mens eers die aansprake van die Redder in die gesig staar, hulle intellektueel opweeg, en kies om die waarheid dat die getuienis wel daarna wys dat Jesus God is, aanvaar.  Hy het gewilliglik vir jou en my sondes gesterf; Hy is begrawe, en het na drie dae weer opgestaan;  Hy lewe nou en wil graag in jou lewe inkom en jou Redder en Here wees. Dit is jou keuse. Jy moet besluit wat jy gaan doen met die aansprake van Christus.

Emosionele Betrokkenheid

Emosionele Betrokkenheid

Die betrokkenheid van die emosies is deel van Christenwees.  Emosies is bloot gevoelens oor of reaksies teenoor ‘n daad, ‘n gebeurlikheid of ‘n ondervinding wat in ons lewens plaasvind.  Maar dikwels verstaan of interpreteer ons gevoelens verkeerd en dan eindig ons gefrustreerd en verward.  Vir baie mense het die emosionele element van Christenskap groot verwarring oor die sekerheid van mens se redding veroorsaak.

Die emosionele strekking van ‘n ander Christen se lewe kan nie altyd met ons s’n vergelyk word nie. Te dikwels is ons skuldig aan vergelykings.  Hulle neig om ons oor die diepte van ons saligheid en die opregtheid van ons onderneming (commitment) te laat twyfel.  Die waarheid is dat geen twee persone dieselfde is nie, en daarom kan nie van hulle verwag word om dieselfde reaksies teenoor die ervarings in hulle geloof te hê nie.  Een mag op ’n hoogs-emosionele sigbare manier reageer, terwyl ‘n ander weer net so diep op dieselfde ervaring reageer, maar dit binne in homself, saggies en privaat hanteer. Is die een reaksie “beter” as die ander? Is dit moontlik om te oordeel?   Is dit ooit nodig?

Die Skrif meld lewensveranderende ondervindings wat in die lewens van werklike mense plaasgevind het. Een gedeelte (Hand 9: 1-9) openbaar die kleurryke karakter van die man genaamd Paulus, ‘n vurige yweraar wat homself aktief in die saak waaraan hy geglo het, gewerp het.  Toe God vir Paulus gekonfronteer het, was hy juis in die middel van ‘n veldtog om letterlik al die Christene wat hy in die hande kon kry te vermoor.

God se metode om met Paulus te werk was vir sy spesifieke emosionele behoeftes getemper.  God het hardop gespreek, terwyl Hy dramatiese omstandighede gebruik het om Paulus se onverdeelde aandag te kry.  Hy het hom totaal gevange en vasgenael gehou totdat Hy seker was dat Paulus in sy hart gehoor het wat God vir hom sê.  Paulus het op die boodskap gereageer maar het emosioneel dieselfde gebly. Hy was nog steeds ywerig en entoesiasties in sy betrokkenheid maar God het hom ‘n nuwe rigting gegee.   In plaas daarvan dat hy sy energie aangewend het om die Kerk te vernietig, het hy nou die evangelie met innerlike oortuiging versprei.

Aan die anderkant kom Timoteus as ‘n stil, bestendige getroue ondersteuner van die saak vir Christus voor.   Hy is mos deur ‘n Christen-moeder en -ouma grootgemaak, en sy geloof het reeds vroeg, terwyl hy tot volwassenheid gegroei het, gevestig geraak.  Hy het geen bevele uit die hemel gehoor nie.  Dit was nie vir hom nodig om, soos Paulus, dieselfde ervaring om God se stem te hoor, te hê nie.  Dis al asof God vir hom bloot gefluister het, en dan het sy teer hart baie min van wat aan hom meegedeel is verloor.

Die lewens van Paulus en Timoteus is in ‘n breë mate gebruik om die sade van Christenskap na die uithoeke van die wêreld te versprei, en hulle demonstreer duidelik die feit dat God nie met ons almal op dieselfde manier praat nie.  Hy kommunikeer met elkeen van ons op ‘n manier wat volgens ons spesifieke behoeftes geskoei is, sodat ons sterk punte benut en ons swak punte sterk gemaak kan word.  Om dus ‘n emosionele ervaring te soek of om die gebrek daaraan in ‘n ander se lewe te veroordeel, of om ‘n broer of suster in Christus as “te emosioneel” of “te konserwatief” te oordeel, het geen plek in die lewe van ‘n Christen wat hom- of haarself tot geestelike groei verbind het nie.   Emosies is ‘n geldige onderdeel van die Christelike lewe maar hulle is verganklik en verander dikwels soos die weer. Ons moet ons geloof op meer as net emosies baseer.  Dit kan nie ons enigste maatstaf wees nie.

Die sekerheid van ons saligheid is gebaseer op:

Die sekerheid van ons saligheid is gebaseer op:

die betroubaarheid van God;

die bevestiging van die Heilige Gees; en

die bewys van ‘n veranderde lewe Eerstens moet ons ons geloof op die eksterne getuienis van die Woord van God baseer.

Dit is die gesag van die einste Woord van God wat ‘n stewige grondslag vir ons geloof in Hom verskaf. Aan diegene wat glo, is die beloftes daar. (Joh. 1:12 ) “Ons aanvaar mense se getuienis, hoeveel te meer die getuienis van God, want dit is God wat getuig, en die getuienis handel oor sy Seun. Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart; wie God nie glo nie, maak Hom tot leuenaar omdat hy nie die getuienis glo wat God oor sy Seun gelewer het nie. En die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.” (1 Joh. 5:9-13) Daar is sekerheid in God se Woord. Tweedens is daar die interne getuienis van die Heilge Gees. Paulus skryf aan die Romeine: “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.” (Rom. 8:16). Dit was so ‘n belangrike punt, dat hy dit weer benadruk het in sy brief aan die Christene van Tessalonika. “...want die evangelie wat ons aan julle verkondig het,” skryf hy, ”het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met die krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging.” (1Tess. 1:5a) Daar is sekerheid as gevolg van die Helige Gees. Die derde bewys dat ons ‘n nuwe geboorte ervaar en kinders van die lewende God geword het, lê in die getuienis van veranderde lewens: Ons s’n en dié van ander Christene om ons heen. In Paulus se brief aan die Christene van Tessalonika voeg hy by: “Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dit om julle ontwil. En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. Onder baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met ‘n blydskap wat van die heilige Gees kom. So het julle ‘n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië en in Agaje. Van julle af is die woord van die Here in Masedonië en in Agaje verkondig, en oral het die mense gehoor van julle geloof in God. . .” (1Thes. 1:5b) Later het Paulus aan die Kolossense geskryf en gesê: “Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is.” (Kol. 1:6) “En hoe kan ons seker wees dat ons aan Hom behoort?” vra Johannes,” deur onsself te ondersoek: probeer ons werklik doen wat Hy wil hê ons moet doen? Iemand mag sê: ’Ek is ‘n Christen; ek is op pad na die hemel; ek behoort aan Christus”. Maar as hy nie doen wat Christus hom beveel nie, is hy ‘n leuenaar. Maar die wat doen wat Christus hulle beveel, sal God al hoe meer bemin. Dit is die manier om uit te vind of jy ‘n Christen is of nie. Iemand wat sê dat hy ‘n Christen is, moet lewe soos Christus gelewe het.” (1Joh. 2:3-6 - Lewende Briewe) Die egte begeerte binne ons om aan God gehoorsaam te wees en te leef soos Christus geleef het, is bevestiging van ons wedergeboorte. Met die tyd sal ons lewens verander sodat ons aan ander kan wys dat daar ‘n nuwe lewe in ons is. Jesus het gesê: “As iemand my liefhet, sal hy ter harte neem wat Ek gesê het. Die Vader sal hom ook liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom kom woon. Maar ‘n mens wat my nie liefhet nie, steur hom nie aan wat ek gesê het nie. Wat julle by My gehoor het, kom nie van My af nie, maar van die Vader wat my gestuur het.” (Joh. 14:23,24) As daar nie ‘n sterk begeerte by ons teenwoordig is om die Here Jesus met ons gehoorsaamheid te behaag nie, dan het ons rede om die egtheid van ons saligheid te bevraagteken. Daar is sekerheid in ‘n veranderde lewe. Ons het gesien dat emosies ‘n geldige en belangrike deel van ons lewe is, en dat hulle ‘n belangrike rol in die Christelike ondervinding speel. Maar die sekerheid van ons geloof vereis meer as net ‘n “gevoel dat ons gered is.” Ons moet leer om staat te maak op die eksterne getuienis van die Woord van God, en ons moet ook bewus wees van die interne getuienis van ons sekerheid deur die inwoning van die Heilige Gees in ons lewe. Saamgesnoer met die veranderinge wat ons in ons eie lewe en in dié van ander Christene sal sien, het ons al die bewyse wat ons vir die waarheid van ons redding nodig het.

Die Betrokkenheid van die Wil

Die Betrokkenheid van die Wil

Nou kom ons by die saak van die wil. Dit is dikwels die wil wat ons weghou van ‘n lang-verlangde verhouding met Christus.

Ek het onlangs een van ons land se invloedrykste kweekskole, waar ‘n vriend van my sy doktoraal voltooi het, besoek.   Ons was oppad na een van sy gunsteling professors, ‘n wyd-bekende, gerespekteerde teoloog en geleerde wat baie jare van sy lewe aan die opleiding van duisende jong mense vir die bediening gewy het.  “Hy is ‘n goeie man”, het my vriend gesê.  “Hy is simpatiek en ek hou van hom, maar hy glo nie aan die Godheid van Christus of dat die Bybel die Woord van God is nie.” Hy het na my gekyk en geglimlag.  “Ek hoop jy sal iets kan sê om hom van opinie te laat verander.”

Ons het nog skaars gegroet toe vra die professor:  “Jy praat met kollege-studente gedurende jou reise, né, meneer Bright?”

Ek het my kop geknik.   “Wat sê jy vir diegene wat Christene wil word?”

Ek het geaarsel terwyl ek nagedink het hoe ek hierdie briljante man moes antwoord.  Was dit ‘n akademiese argument waarna hy gesoek het? Nuuskierigheid miskien?  Maar voordat ek kon antwoord, het hy weer gepraat. “Laat ek eerlik met jou wees,” het hy gesê.   “Ek wil ‘n Christen word. Kan jy my vertel hoe?”

Na al sy jare van twyfel, en terwyl hy jongmense oor die Godheid van Christus en die inspirasie van die Skrif onderrig het, moes ek wonder wat hom van gedagte laat verander het. “Dit was nog altyd vir my ‘n stryd om God die reg te gun om my lewe te beheer. Ek weet dis trots,” het hy saggies gesê. “Ek het nogal goed gedoen in my veld; ek het begeerde eerbetuigings ontvang en gevind dat ek daarvan gehou het om as een van die deskundiges in die akademiese wêreld beskou te word. Die idee om al daardie dinge neer te lê, en myself voor God te verneder was ‘n haatlike gedagte.”

Hy het teen die kant van sy lessenaar geleun en uit sy venster die verte ingetuur. “Vir jare het ek die Skrif van sy geregverdigde plek as die geïnspireerde Woord van God misken.  Ek het so baie studente geleer om dieselfde te doen.   Maar in die laaste tyd het ek die Bybel met ‘n nuwe begrip begin lees.  Ek het ook verskeie van die kerkvaders, manne wat in ‘n hoë mate deur God gebruik is soos John Wesley en Augustinus, se geskrifte gelees.    Ek is intellektueel oortuig dat Jesus wel die Seun van God is, maar ek ken Hom nie as my Redder nie.   Kan jy my help om dit te verander?”

Daardie dag het die man van internasionale roem die koers van sy lewe verander.  Hy het geweet dat dit die antwoord was wat hy gesoek het, maar as gevolg van sy wil – die begeerte om in beheer van sy eie lewe te wees – het hy God op ‘n afstand gehou.

Alhoewel die professor met sy trots gesukkel het, het ander, wat wel ‘n intellektuele besluit omtrent God gemaak en Hom erken het vir wie Hy gesê het Hy is, dalk uitgestel om Hom as Redder te aanvaar omdat hulle die gevolge gevrees het.  Sommige is daarvan oortuig dat as hulle hulle lewens aan die Here toevertrou, hulle tot ‘n lewe van verveeldheid en ellende gevonnis sou word.

Uitstel om Hom as Redder te aanvaar

Uitstel om Hom as Redder te aanvaar

Ek het op ‘n dag vir verskeie ure met ‘n jong man op ‘n groot universiteitskampus gesels. Hy was seker God het bedoel om hom tot die dood toe te verveel.

“Ek is ‘n ateïs,” het hy windmakerig gesê, “en ‘n kompulsiewe partytjie-verslaafde.  Ek het die tyd van my lewe en doen nes ek wil.   As jy dink ek gaan dit alles opgee sodat ek heen en weer oor die kampus kan voortsleep en soos die einde van die wêreld lyk, maak jy ‘n groot fout.  Christene is mense waaroor my soort mense grappies maak.  Hulle het niks wat ek wil hê nie.”

Maar verskeie getroue vriende in sy studente-gilde het aanhou bid vir sy redding, en binne ‘n paar weke het hierdie selfde jongman wat so vol van homself was, Christus in sy lewe ingenooi. “Ek skat ek het altyd geweet dat Jesus die Seun van God is maar ek het Hom beveg.  Ek was so bang dat Hy my tot ‘n lewe van ellende sou verdoem, en ek hou daarvan om ‘n goeie tyd te hê.  Dit was toe daardie vers in Matt. 16:26 wat my laat dink het, waar dit sê:  ‘Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee vir sy siel?'
En toe, een namiddag, tel ek my Bybel vir een of ander rede op en kom toe op Johannes 10:10 af waar Jesus sê, ‘Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed.’  Toe het ek na my lewe begin kyk en gewonder of dit nou ‘oorvloedig’ is.  Ek moes erken dat dit maar taamlik leeg was.  Jesus het so ‘n ongelooflike verskil gemaak, ek kan dit skaars in woorde oorvertel. Maar dis fantasties.”

Slegs EEN Oplossing

Slegs EEN Oplossing

Dit is slegs deur God met ons lewens te vertrou dat ons uitvind hoeveel Hy tot die lewe byvoeg.  Maar baie hou aan om te vrees dat Hy dinge wat ons liefhet, sal wegneem.  Een oggend het ‘n suksesvolle afrigter van ‘n professionele span tydens ontbyt aan my gebieg dat hy al vir jare ‘n Christen was, maar homself nog altyd daarvan weerhou het om sy professionele lewe aan God toe te vertrou. “Ek het altyd geweet dat as ek dit ooit aan God sou gee,” het hy gesê, “sou Hy dit wegneem.  Ek was bang Hy sou wou hê dat ek eerder in die bediening moes gaan. Maar ek is lief vir wat ek doen.  Dit is my lewe.”

Sy reputasie het met groot agting van hom as ‘n man met baie vaardighede en van professionele karakter getuig.  Dit was maklik om sy liefde vir sy spelers en vir die spel te sien.  Terwyl hy so langs my sit en sy koffie roer, het ‘n vredevolle uitdrukking oor sy ruwe gelaat gekom.  “Jy weet,” sê hy uiteindelik, “toe ek alles finaal aan God gegee het, het ek besef dat Hy my in afrigting wou hê.  Een van die redes hoekom ek die spel so liefhet, is as gevolg van die vaardigheid en vermoë wat God my gegee het om te doen wat ek doen. Ek dien die Here presies hier waar ek is. Maar ek het dit nooit regtig verstaan totdat ek gewillig was om dit op te gee nie.”

Die menslike wil is ‘n kragtige dimensie van ons vermoë om in ons saligheid te glo.  Dit kan ons daarvan weerhou om God ten volle te vertrou;  dit kan onbevestigde twyfel skep; dit kan redes uitvind vir ons om sonde in ons lewens toe te laat, terwyl ons goed weet dat ons groot pyn in God se hart veroorsaak.

Sonde bring Twyfel

Wanneer sonde in ons lewens toegelaat word, is dit nie ongewoon om aan die egtheid van ons redding te begin twyfel nie.  Totdat ons harte gewillig is om dit as sonde te erken, en met ons ongehoorsaamheid te handel, vind ons dikwels dat ons argumente teen geloof in God uitdink.

Dit lyk “makliker” as om die sonde voor Hom te bely, maar dit is kortstondig.

Op ander kere weer, word ons wil om volledig in ons saligheid te glo, gekortwiek omdat ons deur Satan mislei is.  Wanneer ‘n Christen uit eie wil sonde in sy lewe toelaat, mag hy dalk oortuig word dat God hom nooit vir wat hy gedoen het, sal vergewe nie.

Dit is ‘n slim streek van die aartsverleier homself, maar tensy die vervreemde gelowige besluit om na God terug te keer en sy vergifnis te aanvaar, mag hy homself tot ‘n lewe van vrees en twyfel oor sy saligheid verdoem, en sal hy vrees dat hy altyd van God verwyderd sal wees as gevolg van die besluite wat hy geneem het.

So sien ons dus dat God nooit sy kinders op ‘n afstand hou nie.  Dit is ‘n set van Satan. God gee sy sekerheid van saligheid te alle tye en sonder uitsondering aan al sy kinders. Indien ons onseker is oor ons posisie in Christus, moet ons ‘n opname van ons intellek, ons emosies en ons wil maak.

Waarhede bring Sekerheid

Waarhede bring Sekerheid

Om seker te wees van hierdie posisie, moet ons intellektueel bewus wees van die volgende basiese waarhede:

  • God het jou lief en het ‘n wonderlike plan vir jou lewe.
  • Die mens is sondig en van God verwyder; daarom kan hy nie God se liefde en sy plan vir hom ondervind nie.
  • Jesus Christus is God se enigste voorsiening vir die sonde van die mens. Deur Hom kan jy God se liefde en sy plan vir jou lewe ervaar.
  • Jy moet besluit om Jesus Christus as Redder en Here van jou lewe te ontvang; dit is dan wanneer jy God se liefde en plan vir jou lewe sal ervaar.

Christus het beloof:  “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.  As iemand my stem hoor en oopmaak, sal Ek by hom ingaan en met hom die feesmaal hou en hy met My.”  (Openbaring 3:20).

In die evangelie volgens Johannes lees ons:   “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1:12)

Nogtans is dit nie genoeg om net te glo nie.  Ons moet geloof hê en sy belofte om in ons lewens in te kom, aanvaar; ten spyte van hoe ons voel.   Efesiërs 2:8,9 herinner ons, “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.  Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.   Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige reg om op homself trots te wees nie.”

As ons eers vir Christus in ons lewens ingenooi het, is dit nie nodig om dit weer te doen nie.  Dan moet ons net glo dat Hy ingekom het soos Hy beloof het.  En Hy het gesê dat Hy sy kinders nooit sal verlaat of alleen laat nie.

Geloof is ‘n spier wat sterker word namate ons dit gebruik en oefen.   Dit is die verskil tussen “dink” ons is gered en “weet” ons is gered.

Die keuse is joune!