a) Werksdokument vir die Produsent

Printer-friendly version

Volle Menswees Strategie op Plase

Werksdokument vir die Produsent

’n Gemeenskap Opheffingsprogram


Alle navrae aan: Pieter Brits
Direkteur: Daar is Hoop Bedieninge

Kantoor: 028 271 5124      Faks (SA): 086 535 2227       E-pos: hope@hope365.co.za
Webblaaie: www.Hope365.co.za       /      www.KnowingGod.co.za

THERE IS HOPE MINISTRIES CC - 155, 5th Avenue, Kleinmond, 7195 (Regst. No : 2007/137000/23)
RAAD: P Rossouw, A Klopper, TJ Duncan & AL de Kock

Afdeling 1: Volle Menswees aanbiedings op plase

Afdeling 1: Maandelikse aanbiedings op plase, gefokus op Volle Menswees as sentrale tema:

  • Films & Oudiovisuele Power Point aanbiedings met Volle Menswees boodskappe, soos o.a.:
    • Kruispad – ’n Afrikaanse film deur Kleurling spelers met sterk boodskap t.o.v. VIGS en die gevolg daarvan in mense se lewens.
    • Better Choices – ’n Film wat handel oor beter keuses t.o.v. die enkel en getroude persoon : KARAKTERBOU
    • The Miners – ’n Film oor AANVAARDING
    • Crossroads – ’n Film oor VERGIFNIS
    • Wanneer die Dop Skop – ’n Afrikaanse film deur Kleurling spelers met sterk boodskap t.o.v. DIE NADRAAI VAN ALKOHOL MISBRUIK IN DIE GESIN
    • The Bet – ’n Film oor SELFBEHEERSING
    • Die Tydbom TIK – ’n Afrikaanse film deur Kleurling spelers met sterk boodskap t.o.v. DIE GEVOLGE VAN DWELMS
    • The Other Woman – ’n Film oor OMGEE
    • The Good Provider – ’n Film oor VERANTWOORDELIKHEID
    • The Good Fight – ’n Film oor UITHOU & VASBYT
    • The Piano – ’n Film oor EERLIKHEID
    • Heartlines – ’n Film oor TWEEDE GELEENTHEDE IN DIE LEWE
  • Interaktiewe Volwasse Werkswinkel – bespreking voor, tydens en na die oudiovisuele aanbiedings. Hier is dit ons doel om mense aan die praat te kry en van onopgeloste probleme oor baie jare, in hul lewens bewus te maak, en te help uitstryk.
  • Tweede afspraak op die plaas binne 2 weke om beginsels wat by die 1ste aanbieding geïdentifiseer was, vas te lê. “Assessments”
  • Vrywillige Coaching vir individue en families met onopgeloste probleme.


Afdeling 2: Leierskap & Bestuur Program

Afdeling 2: Leierskap en Bestuur Program

’n Reeks van 10 afdelings om u leierskap beter toe te rus.

[Ons gebruik John Maxwell se werkboek, “Developing the Leader Within You” om ons deur die program te lei].

’n Wye spektrum bronne en leierskap boeke deur verskillende outeurs, word geïnkorporeer, om die kurrikulum saam te stel:

  • Invloed – Die definisie van leierskap
  • Prioriteite – Die sleutel tot leierskap
  • Integriteit – Die belangrikste bestanddeel van leierskap
  • Skep positiewe verandering – Die uiteindelike toets vir leierskap
  • Probleemoplossing – Die vinnigste manier om leierskap te verkry
  • Gesindheid – Die noodsaaklike plus in leierskap
  • Mense – Ontwikkel jou mees gewaardeerde bate
  • Visie – Die onmisbare kwaliteit van leierskap
  • Selfdissipline – Die etiket van leierskap
  • Personeel ontwikkeling – Die belangrikste les oor leierskap


Afdeling 3: My Huwelik is Kosbaar

Afdeling 3: My Huwelik is Kosbaar

Reeks Power Point Aanbiedings

Afdeling 4: Evangelisasie-opleiding en Uitreik Program

Afdeling 4: Evangelisasie-opleiding en Uitreik Program

  • Geestelike Opleidings-program
    • 40 uur, vir ± vier Christelike werkers per plaas – mense wat later as kleingroepleiers onder die res van die werkers sal kan optree na afloop van die JESUS-Film uitreik
  • JESUS-Film uitreik oor drie aande
    • Afrikaans, of (ander taal) by elke plaas individueel
  • Nuwe Lewe in Christus Opvolg Keingroep  (Opvolg 1-6)
    • Weeklikse kleingroep sessies (6 – 10 weke)
    • Vir nuwe Christene na die JESUS Film uitreik,
    • asook ander wat graag in hul verhouding met die Here wil groei.


Afdeling 5: Films met Geestelike en Lewens Boodskappe

Afdeling 5: Films met Geestelike en Lewens Boodskappe

Nie verpligte maandelikse aktiwiteit wat sal lei tot verdere opheffing en gereedmaking vir die JESUS-Film uitreik aan die begin van die tweede kwartaal.

Films soos o.a:

  • JESUS-Film
  • Something to Sing About [Engels]
  • Irma [Afrikaans]
  • Faith Like Potatoes [Engels]
  • Huis Studeer die Kruis [Afrikaans]
  • Bella [Afrikaans]
  • Ens...