Uniekheid van ons Program

Printer-friendly version

Uniekheid van ons Program

There is Hope Ministries, CC

Terugvoer aan die samewerkende boere t.o.v. TIHM se Volle Menswees Strategie na gesprekke en evaluering  deur kenners (mense en organisasies wat betrokke is in arbeids aangeleenthede en opheffingswerk op plase).

Evaluering  deur kenners

Hierdie program het ’n unieke holistiese benadering, enig in sy soort :

 “Movies are amongst the most powerful instruments of
change and impact in our society.
Nearly one-third of adults (29%) contend that movies have had a substantial impact on the development of their personal morals, values and religious beliefs...”

 

– George Barna,
 January 24th, 2006

  • ’n Gemeenskaps ontwikkeling program oor ’n medium tot lang termyn, wat gerugsteun word met oudiovisuele aanbiedings, interaktiewe lering, mentoring en coaching.
  • Daarop gemik om die werker op die plaas, asook die boer, sy gesin en leierskap te bedien op vlakke wat kan lei tot Volle Menswees:
    • Geestelik;  Verstandelik; Liggaamlik;  Emosioneel  &  Sosiaal.
  • Dit hanteer ’n wye spektrum van ‘unit standards’ (eenheid standaard – of minimum kwalifikasie vir ’n aksie) soos uiteengesit in die SA Qualifications Authority (SAQA)
  • ’n Verskeidenheid van SETAS word gesamentlik geïnkorporeer.
  • Die beoogde Uitkoms word deurentyd geëvalueer deur vooraf gekose kriteria.
  • Mense word gedaag om keuses te maak t.o.v. veranderde gedrag.
  • Verantwoordelikheid-vennote word gekies om sodoende terugval tot ’n minimum te probeer beperk.

 


Uniekheid

Dit spreek ’n unieke behoefte aan wat enig is in sy soort, deurdat dit anders as by ander bestaande programme, gemik is op die mens in geheel en nie slegs enkele aspekte van menswees nie :

  • Wat TIHM se program uniek maak is die feit dat sy program Christelik gedrewe is.
  • Die program word oor ’n medium tot langer termyn aangebied en dink anders oor aspekte wat in die hart, die huis en op die plase gebeur.
    • Die langer aanslag lei noodwendig tot ’n verandering in denke, wat weer oorgaan tot ’n verandering in gedrag, met ’n gelukkige en lojale werker as eindproduk.
    • Arbeidsverhoudinge, opheffing, Life skills development en higiëne binne en buite die huis is o.a. aspekte wat deurgaans in die sosiale opheffing ter sprake kom.

Verantwoordelikheid

“If you would win a man to your cause, first convince him that you are his true friend.  Therein is a drop of honey which will catch his heart – which, say what you will, is the greater high road to his reason.  When you have once gained his heart, you have little trouble convincing his judgment of the justice of your case, if indeed that cause is really just.”

– Abraham Lincoln

Dit is gemik op die gemeenskap wat self kan aangaan en self verantwoordelikheid kan neem wanneer ons program ten einde geloop het :

  • Gee nie net die vis nie, maar leer eerder die persoon om self vis te vang en sy vriende te leer om dieselfde te doen. (2Timotius 2:2)
  • Beywer ons om voortdurend die werker te evalueer om sodoende wakker wordende leierskap eienskappe te identifiseer en te daag tot verantwoordelikheid en betrokkenheid in mede werkers se lewens.

 


Akkreditasie

Aangesien TIHM se holistiese benadering ’n konglomeraat van verskeie setas akkommodeer, sal dit nie maklik wees om ons program in sy geheel te laat akkrediteer nie.  Daar is wel positiewe ligpunte uitgewys wat van hierdie program ’n WENNER maak :

  • Akkreditasie sal onkoste noodwendig opskuif en die boer as eindgebruiker sal onnodig negatief belas word.
  • Akkreditasie sal ons program onmoontlik maak aangesien dit oor ’n baie lang periode afspeel en uiteindelik onbetaalbaar sal wees.
  • Indien ’n plaas van geakkrediteerde opleiding gebruik maak gedurende die jaar van aanslag (bv. ’n trekker bestuurder oplei deur ’n geakkrediteerde organisasie), dan laat die wet toe dat ’n program, soos TIHM se Volle Menswees Strategie, alhoewel dit nie self geakkrediteer is nie, tog ook deur SARS erken word indien ons aan sekere kriteria voldoen soos bv.:
    • Faktuur
    • Opleidingsbewys deur gereelde register
    • Bywoning sertifikate
    • Verslag aan boer.

ot almal gehoor het,

 

...............................................................

Pieter Brits
Daar is Hoop Bedieninge

 

 

 

 

 


Kantoor:  028 271 5124;    Faks (SA):  086 535 2227;    E-pos:  hope@hope365.co.za;    Webblad:  www.hope365.co.za

THERE IS HOPE MINISTRIES, CC  -   155,  5th Avenue, Kleinmond, 7195             (Regst. No :  2007/137000/23)

RAAD:   P Rossouw,   A Klopper,   TJ Duncan   &   AL de Kock