With the grace of the Lord, I was able to go out with Wynand & Johanlie Bock for 6 nights in a small community, Filippa, just outside Botrivier.
With the grace of the Lord, I was able to go out with Wynand & Johanlie Bock for 6 nights in a small community, Filippa, just outside Botrivier.
We used the film ‘Jesus’, and the follow-up series; ‘Walking with Jesus’.
The outreach was very blessed and over the entire period a total of ±80 people showed up.
These people are really the outcasts of society. People who were fortunately able to find a place to live.
During the first four nights I was emotionally affected and very sad because there was a feeling of deadness present and we could not break through. It felt to me as if my words did not resonate with them and darkness covered their ears and eyes.
On the fifth night, however, the barriers broke, and for the first time I could see how the Truth dispels the darkness.
This reminds me of my personal born again text; John 1:5 “The light shines in the darkness, and the darkness has not overcome it.”
The sixth evening was glorious and several biblical truths and promises could be communicated.
Johanlie has already built relationships with the people and continues to minister to them every Monday evening.
By the grace of the Lord, I am still healthy and full of energy at 71.
I try to keep my body healthy by exercising regularly.
So as long as possible, I will continue with what I am doing.
I pray that you will have the courage to continue as a child of God, with faith that does not waver and a heart that continues to serve.
That your light will shine and others can see the Lord in you.
Met die Here se genade kon ek saam met Wynand & Johanlie Bock vir 6 aande gaan uitreik in ‘n klein gemeenskappie, Filippa, net buite Botrivier.
Ons het gebruik gemaak van die film ‘Jesus’, en die opvolg reeks; ‘Walking with Jesus’.
Die uitreik was baie geseënd en oor die hele tydperk het in totaal ±80 mense opgedaag.
Hierdie mense is regtig die uitgeskuifdes uit die samelewing. Mense wat gelukkig daar ‘n heenkome kon vind.
Gedurende die eerste vier aande was ek emosioneel aangedaan en baie hartseer aangesien daar ‘n gevoel van doodsheid teenwoordig was en ons nie kon deurbreek nie. Dit het vir my gevoel of my woorde geen aanklank by hulle vind en die duisternis hulle ore en oë toedruk.
Die vyfde aand egter, toe breek die skanse, en vir die eerste keer kon ek sien hoe die Waarheid die duisternis verdryf.
Hierdie laat my dink aan my persoonlike wedergeboorte teks; Johannes 1:5 ”Die lig skyn in die duisternis, ja –die duisternis het dit nie uitgedoof nie”.
Die sesde aand was glorieryk en verskeie Bybelse waarhede en beloftes kon gekommunikeer word.
Johanlie het reeds verhouding met die mense gebou en gaan voort om hulle elke Maandagaand te bedien.
Met die Here se genade is ek op 71 nog gesond en vol energie.
Ek probeer my liggaam gesond hou deur gereeld te oefen.
Solank moontlik gaan ek dus aanhou met dit waarmee ek besig is.
Ek bid dat jy die moed sal hê om voort te gaan as kind van God, met geloof wat nie wankel nie en ‘n hart wat bly dien.
Dat jou lig sal skyn en ander die Here in jou kan sien.
Fill in the form below.
We will get back to you as soon as possible.
Copyright © 2025 There is Hope Ministries. All rights reserved. | Powered by WebBest